• Marina Night Market

    Port Owen Manrina Centre Port Owen, Velddrif, Western Cape, South Africa

    Marina Night Market Join us for a relaxing evening by The Marina, Port Owen, with delicious food, unique local stalls, handmade goodies, and a fantastic community atmosphere. Saturday, 29 August 2026 4:00 PM – 8:00 PM Port Owen Marina CentreBring your family and friends and enjoy a wonderful evening of shopping, eating, and supporting local businesses. For any more information, contact: 079 571 4035.

  • Septemberskraal Stap

    Porterville 12 Venues, Porterville, Western Cape, South Africa

    SEPTEMBERSKRAAL STAP PORTERVILLE R190 19 Sept 2026 10 Okt 2026 Kontakpersoon: Annette Vry 082 619 4333 🌿 PORTERVILLE DAGSTAPPE  – VIR OUD EN JONK! Of jy 8 of 80 is, Porterville se Dagstappe is vir almal wat die natuur wil geniet en lus is vir 'n dag vol vars lug, mooi uitsigte en goeie geselskap. Jy hoef nie 'n bergklimmer of topatleet te wees nie. Daar is geen rotse om uit te klim, geen nou klowe om deur te worstel en geen digte bosse om deur te klouter nie. Net gemaklike staproetes op rustige plaaspaaie waar jy die prag van die Swartland teen jou eie pas kan beleef. Kom stap tussen goudgeel canolalande, groen koringvelde, wingerde en vrugteboorde, terwyl die Winterhoekberge en Olifantsberge jou op elke tree vergesel. Pak jou stapskoene, bring jou familie en vriende saam en ervaar die warmte van Porterville se plattelandse gasvryheid. Hier gaan dit nie oor hoe vinnig jy stap nie – dit gaan oor die ervaring, die natuurskoon en die herinneringe wat jy saam huis toe neem. Na jou stap wag Porterville se bekende gasvryheid. Geniet heerlike etes by een van ons uitstekende restaurante of bly oor in gerieflike verblyf wat by elke smaak en begroting pas. Bring jou familie, nooi jou vriende en ontdek waarom soveel stappers jaar ná jaar terugkeer na Porterville.