Loading Events

« All Events

Septemberskraal Stap

September 19
Septemberskraal Staptog

SEPTEMBERSKRAAL STAP

PORTERVILLE

R190

19 Sept 2026

10 Okt 2026

Kontakpersoon:

Annette Vry

082 619 4333

🌿 PORTERVILLE DAGSTAPPE  –

VIR OUD EN JONK!

Of jy 8 of 80 is, Porterville se Dagstappe is vir almal wat die natuur wil geniet en lus is vir ‘n dag vol vars lug, mooi uitsigte en goeie geselskap.

Jy hoef nie ‘n bergklimmer of topatleet te wees nie. Daar is geen rotse om uit te klim, geen nou klowe om deur te worstel en geen digte bosse om deur te klouter nie. Net gemaklike staproetes op rustige plaaspaaie waar jy die prag van die Swartland teen jou eie pas kan beleef.

Kom stap tussen goudgeel canolalande, groen koringvelde, wingerde en vrugteboorde, terwyl die Winterhoekberge en Olifantsberge jou op elke tree vergesel.

Pak jou stapskoene, bring jou familie en vriende saam en ervaar die warmte van Porterville se plattelandse gasvryheid. Hier gaan dit nie oor hoe vinnig jy stap nie – dit gaan oor die ervaring, die natuurskoon en die herinneringe wat jy saam huis toe neem.

Na jou stap wag Porterville se bekende gasvryheid. Geniet heerlike etes by een van ons uitstekende restaurante of bly oor in gerieflike verblyf wat by elke smaak en begroting pas.

Bring jou familie, nooi jou vriende en ontdek waarom soveel stappers jaar ná jaar terugkeer na Porterville.

Details

Venue