Ongoing

Piketberg Blomweek

Piketberg Blomweek Piketberg Blomweek is 'n jaarlikse viering van die skoonheid van die skepping, waar die historiese NG Kerk in Piketberg omskep word in 'n asemrowende blomuitstalling. Van 23 tot 30 Augustus word besoekers genooi om die indrukwekkende blommerangskikkings, rustige atmosfeer en pragtige neo-Gotiese kerkgebou te beleef. Kom geniet hierdie unieke ervaring wat geloof, gemeenskap en die natuurlike prag van die Piket-Bo-Berg-blomme vier – 'n hoogtepunt van die lente in die Bergrivier-streek.

Piketberg Blomweek

NG Kerk Piketberg 9A Kerk St, Piketberg

Piketberg Blomweek Besoek NG Kerk Piketberg vanaf 23 Augustus tot 30 Augustus van 10h00 to 16h00 vir die mooiste uitstalling van plaaslike Proteas en Fynbos. Die Piketberg Museum stal hulle historiese ware uit vanaf 24 Augustus tot 30 Augustus van 09h00 tot 16h00. Moet dit nie mis nie, dit is 'n belewenis! Volg die voëlverskrikkers vanaf die N7 tot in Kerk straat